Sunday 8 December 2013

ASKOEK

ASKOEK

Lewer 4 broodkoeke
Bereiding: 15 minute
Staantyd: 30 minute
Baktyd: 30 minute

1 kg klipgemaalde broodmeel
2 pakkies (10 g elk) kitsgis

’n knippie sout
sowat 500 ml louwarm water-en-melkmengsel
heuning en botter (opsioneel)

Meng die meel met die kitsgis en sout. Voeg net genoeg louwarm water en melk by om ’n stywe deeg te maak. Knie dit goed tot die deeg nie meer aan jou hande vassit nie. Laat rus dit sowat 10 minute en vorm dit in groterige bolle. Laat dit weer rus tot dit goed uitgerys is. Skraap van die as weg en pak die brode op die warm as. Krap die brode toe met as en bak dit tot die brode hol klink as jy daarop klop. Haal dit uit die as en klop die as goed af. Sit dit voor met heuning en botter (opsioneel).