Wednesday 20 November 2013

YSKAS KOEK




Almal ken seker die Driehoek-kaaskoek, hier is net 'n ander manier om te maak.  Maar indien jy die Driehoek-kaaskoek wil maak, loer net op ons blog vir die resep, onder resepte:  tuisgebak

YSKAS KOEK
250 g botter
250 ml suiker
2 eiers
500 g room kaas of maaskaas ( 2 bakkies )
20 ml vanieljegeursel
3 pakkies tennis beskuitjies
Kersies

Meng botter en suiker tot ‘n room. Voeg geklitste eiers by . Klop goed met ‘n houtlepel .
Voeg room kaas of maaskaas en vanieljegeursel by en meng baie goed totdat die hele mengsel ‘n romerige tekstuur het. Passop vir oorklop ander is die mengsel te loperig

Neem nou ‘n vierkantige bak en voer dit uit - tot heelbo- en entjie oor die kante met foelie.Die rede hiervoor is om die koek na die tyd uit te lig. Pak jou 9 besuitjies plat in die bak, Kyk of daar teen die kante “gaps” is – indien daar is, druk aan die agterkant tussen die bak en foelie enige iets in sodat dit ‘n mooi vierkant kan vorm, anders loop die mengsel uit, of jy kan stukkies beskuitjies sny en die “gap” toemaak. Die koek moet die hele pan mooi vol le. Indien jy verkies om die koek in jou vierkantige glasbak op te dien is die foelie nie nodig nie.

Skep ‘n derde van die mengsel oor die beskuitjies. Voeg nog ‘n laag koekies en nog ‘n laag van die mengsel . Op hierdie stadium plaas jou gehalveerde kersies eweredig oor die mengsel en dan nog ‘n laag beskuitjies. Herhaal die laaste laag en eindig af met ‘n ry van die beskuitjies. Vou die oortollige foelie oor hierdie en sit die hele lot in die vrieskas. Sodra dit kliphard gevries kan jy dit verwyder uit die pan , Dit sal sy vorm behou. Hou die koek in die vrieskas , nie in die yskas nie, dit sal te sag wees. Jy moet dit dadelik eet as dit uit die vrieskas kom. Dit is nie nodig om te ontdooi nie, want dit vries nooit kliphard nie.

Jy kan, indien verkies as jy die laaste beskuitjies gepak het, so klein bietjie van die maaskaasmengsel bo-oor sit en sjokolade snysels bo-oor rasper. Dit versier jou koek net baie mooi.