Tuesday 5 November 2013

VLOEIBARE MEUBELPOLITOER & WASMENGSEL VIR KOMBERSE

Riette van der Westhuizen
Ontdek ek toe die op my rekenaar en dink ek deel dit met julle:

VLOEIBARE MEUBELPOLITOER:

250ml rou lynolie( om die hout te voed )...
250ml terpentyn( om vet te verwyder )
125ml bruinasyn( om skoon te maak )
125ml brandspiritus( om glans te gee)

Giet die bestanddele in 'n bottel en skud dit goed voor gebruik. Smeer die politoer dun aan die meubels en laat dit ongeveer 'n kwartier aanbly voordat dit op die gewone manier met 'n sagte lap blink gevryf word.

Raad vir vliee
2 teel. bloekomolie, 4 teel. alkohol gemeng met 200ml water. Spuit oral in vensterbanke en waar nodig.

vir kakkerlakke: 2 dele borakspoeier, 1 deel meel, 1 deel suiker. Plaas in klein plat bakkies oral in kaste waar die pes opgemerk is. Die meel en boraks laat hulle versmoor.

As jy nie graag gif om jou huis wil spuit vir miere nie, probeer die ou wenk: trek vars knoffel op water en voeg 'n bietjie waspoeier by. Gooi deur sif wanneer die waspoeier opgelos is en sit in spuitkan of bottels.

WASMENGSEL VIR KOMBERSE:

Vermeng 675g waspoeier, 250ml brandspiritus en 20ml bloekomolie en bewaar dit in 'n digte houer. Los 'n koppievol van die seepmengsel in 'n bad water op en week vuil komberse 'n rukkie daarin. Druk-druk die komberse dat dit goed deurweek kan word. Spoel komberse in skoon water uit en hang dit op om droog te word.
Die bloekomolie in die mengsel laat nie net die komberse skoon en vars ruik nie, maar verdryf ook silwermotte.