Tuesday 5 November 2013

OUMA SE BOBOTIE



Susan Wassenaar

OUMA SE BOBOTIE
1 dik sny witbrood
50ml koue melk
500g gemaalde lamsvleis
1 ui (fyn gekap)...
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper

2ml knoffelvlokkies
10ml matige kerriepoeier
1ml borrie
12,5ml blatjang
12,5ml asyn
3 eiers
1lourierblaar
12,5ml mielieblom
12,5ml koue water
350ml kookmelk

 MAAK DAN SO:
Voorverhit die oond tot 160C. Week die brood in die melk en druk dan die oortollige melk uit. Hou die sagte brood eenkant. Meng die maalvleis, ui, sout, peper, knoffelvlokkies, die helfte van die kerriepoeier, die borrie, blatjang, asyn, 1 eier en die sagte brood. Skep die vleismengsel uit in 'n goed gesmeerde oondskottel , steek die lourierblaar daarin en bak dit 15 minute lank op die middelste oondrak sodat die bobotie 'n kors bo-op kan vorm. Hou dit eenkant warm. Klits die oorblywende 2 eiers saam en hou dit eenkant. Meng die mielieblom, die res van die kerriepoeier en die koue water tot 'n gladde pasta en roer dit by die geklitse eiers. Voeg die kookmelk geleidelik by en laat dit prut totdat dit effens verdik. Roer dit voortdurend. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit oor die bobotie. Bak die bobotie nog 25-30 minute lank op die middelste rak van die oond totdat dit ferm en ligbruin is. Bedien warm met blatjang.

 MY WENK:
Voordat die die melkmengsel oorgooi wanneer ek dit moet bak, smeer ek eers 'n laag gesmelte appelkooskonfyt oor en dan die melkmengsel en bak dan. Dis maar my smaak....dis nie verpligtend nie.