Wednesday 6 November 2013

VALSKERMDADELS



VALSKERMDADELS

METODE
24 vars dadels
24 kasjoeneute (‘cashews’)
300g goeie donkersjokolade
soutvlokkies
suikerkristalle
24 kleinerige papierdoilies
lint
JY BENODIG
Sny dadels versigtig oop aan kante waar stingels was. Verwyder pitte sonder om dadels te breek. Plaas ‘n neut in elke dadel. Smelt sjokolade in glasbak oor kastrol met stomende water. Doop dadels in gesmelte sjokolade (gebruik tandestokkies om dadels mee te hanteer). Sprinkel dadels baie liggies met suikerkristalle en soutvlokkies. Plaas op waspapier om te verhard. Plaas elke dadel in die middel van ‘n doilie. Bring rante van doilies bymekaar en bind vas met stukkies lint.