Thursday 7 November 2013

Spek en Romerige Kaas Souttert



Lourens de Lange
Spek en Romerige Kaas Souttert
Geskryf deur: jpetro
My Gunsteling - Enige Dag Souttert

Kors:...
4 el botter gesmelt
1 en halwe kop sout koekies, fyngemaak

Vulsel:
2 kop rou spinasie, fyn gesnipper - liggies gestoom
8 repies spekvleis, opgesny
1 middelslag ui, fyn gekap
1 kop geroomde maaskaas
1 kop suurroom
5 groot eiers
halwe koppie fetakaas - gekrummel
parmesaankaas

Voorverhit die oond tot 150C
Smeer n 20cm-losboomkoekpan met botter
Meng die botter en koekiekrummels goed en druk op die bodem en effens teen die kante van die voorbereide koekpan vas. Hou eenkant.
Dreineer die gestoomde spinasie goed en druk dan in jou vuis droog om van alle vloeistof ontslae te raak.
Braai die spek , voeg die uie by en braai tot die uie sag en geurig is. Klits die maaskaas, suurroom en eiers goed saam. Roer die spek en uiemengsel asook die spinasie by.
Roer die fetakaas in en giet in die voorbereide kors. Bak 1 1/4 uur lank tot ferm en goudbruin.
Sprinkel n bietjie parmesaankaas oor en laat staan vir omtrent 30 minute om stewig te raak. Bedien louwarm of teen kamertemperatuur.