Wednesday 6 November 2013

Pap Tert




Lourens de Lange
Pap Tert
Perfek vir enige geleentheid

Klaar gemaakte pap
1 knoffelhuisie, gekneus...
125 g knoppie sampioen, gesny
1 pakkie spek stukkies
5 ml gemengde kruie
45 ml olyfolie
1 ui, gekap
sout en peper

Maak gewone of braaipap in die miki of op die stoof. Die mengsel moet effens stywer as sagte ontbyt pap wees.
Intussen berei die sous: Verhit die olie en soteer uie en knoffel tot sag.
Voeg spek en sampioene by.
Geur met kruie, sout en peper, en kook vir 15 minute.
Skep die helfte van die mieliemeel mengsel in 'n oondbak en druk plat om ‘n laag te vorm. Skep die helfte van die sous oor en versprei eweredig , plaas weer ‘n lag pap in die bak en top op met oorblywende sous, sprinkel met gerasperde kaas en bak in die oond vir 15 minute. Bedien warm saam met mengelslaai.