Thursday 28 November 2013

Mieliemeel genot




Mieliemeel genot (Helena Enslin Laubscher)

Jy kan dit vir ‘n voorgereg, snack, aandete of bykos by ‘n braai voorsit.

I liter koue water...
I koppie mieliemeel
1 opgehoopte eetlepel marmite
3 eiers
1 pakkie patato bake of veggie bake – smaak van jou keuse
2½ koppies gerasperde kaas.
Gesniperde 500g pak bacon
2 koppies bruismeel (self raising flower)
125ml melk

Meng water mieliemeel en patato bake of veggie bake in ‘n pot.
Roer die marmaite in wanneer die pot begin warm word. Klits met papklitser, sodat geen klonte vorm nie.
Wanneer dit kookpunt bereik, draai plaat laag.
Simmer vir ± 30 min om mieliepap gaar te kry.
Verwyder mieliepap van stoof en laat koud word. Moenie deksel afhaal gedurende die koud word proses nie.
Maak bacon net net gaar, nie braai nie, dit sal te droog word. Laat dit koud word.
Klits die eiers in ‘n diep bak.
Voeg melk by en meng.
Voeg die bacon, kaas, mieliemeelmengsel en bruismeel by. Meng goed.
Skep lepels vol in cup cake maker.
Bak elke baksel vir so 6min tot mooi bruin.

Hierdie Mieliemeel genot is nie olierig nie.