Wednesday, 20 November 2013

FRANSE BOONTJIES IN ROOM




FRANSE BOONTJIES IN ROOM

JY BENODIG
300g Franse boontjies
50g botter...
1 groot ui, fyngekap
70g prosciutto
1 knoffelhuisie, gekap
1 eetlepel pietersielie, fyngekap
150ml dik room
seesout
grofgemaalde swartpeper

METODE
Kook boontjies met 1 teelepel sout in water tot sag, maar ferm. Dreineer. Verhit botter, ui en knoffel in pan en laat prut vir 7 minute. Roer pietersielie by. Voeg room en boontjies by en laat prut vir nog 3 minute. Skep in oondbak en rangskik repies prosciutto bo-oor. Plaas in warm oond (190˚C) vir 5 minute. Geur met peper en bedien.