Friday 1 November 2013

Dianne se flopvrye Fudge

Dianne Ten Haaf

...probeer gerus die resep: ek sukkel al my lewe lank om fudge reg te kry tot ek die resep gekry het.

Al trick van die fudge is, dit moet net in EEN rigting geroer word!:

1 Blik kondensmelk, 125g Botter, 2 Koppies Versiersuiker gooi als in mikro bak MOENIE roer nie.

Sit op hoog vir 3 min en roer goed in EEN rigting, sit weer in op 3.5min op hoog en roer weer goed in EEN rigting.

Sit vir laaste keer terug vir 3.5min op hoog, haal uit, gooi 5ml Vanilla by, en roer goed weer in EEN rigting.

Roer elke keer in dieselfde rigting.

Ek gooi myne in ysbakkies wat gespray is met spray en cook. Dop maklik uit sonder 'n gekrummel en al my blokkies is dieselfde grootte.