Friday 1 November 2013

Blindevinke




Blindevinke

Plaas 6 biefstukskywe op ’n plank en kap liggies met ’n hamer; sprinkel sout en varsgemaalde swartpeper oor. Geur 60 g meel met 5 ml geursout - plaas eenkant.


Berei vulsel:

Vulsel: Meng 3 groot, gekapte en gebraaide uie, 250 ml fyngesnyde sampioene, gekapte vars kruie (basil, koriander, ensovoorts), 25 ml kappertjiesade (opsioneel).

Plaas ’n reep spekvleis oorlangs op elke vleisskyf en plaas sowat een sesde van die vulsel daarop. Vou die lang rande van die vleisskyf 1,5 cm breed na binne om en rol op; bind vas met ’n tou. Rol in gegeurde meel; verhit ’n mengsel van botter en olie en verbruin vleisrolletjies tot alkante goudbruin; skep uit. Verbruin 500 g geskilde uitjies in dieselfde kastrol tot goudbruin en skep uit. Plaas vleisrolletjies weer in kastrol saam met 1 blik beesstertsop, 250 ml droë rooiwyn, 125 ml sjerrie en 2 lourierblare. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en prut met deksel op vir ’n uur. Voeg uitjies en gekookte, klein worteltjies by en prut vir nog 30 minute. Verwyder toutjies van rolletjies; verdik sous of kook af tot velangde dikte. Bedien met rys en groen groentes.