Tuesday 26 November 2013

Beestong met Mosterdsous





Beestong met Mosterdsous.

Beestong
- 1 kg beestong
- 1 klein ui
- 1 klein geelwortel
- vars seldery of pietersielietakkies

- knippie sout
- 4 peperkorrels
- 2 heel naeltjies

Mosterd Sous
- 125 ml suiker
- 60 ml mosterdpoeier
- 30 ml koekmeel
- 250 ml kookwater
- 250 ml mayonnaise
- 125 ml witasyn
- sap van 1 suurlemoen

Kook die beestong met die groente, geurmiddels en speserye tot dit sag is. Verwyder dan die buitenste membraam en oortollige vet van die tong af.
Laat die beestong dan afkoel en sny dit dan in skywe en pak dit in 'n oondvaste bak.

Die Mostert Sous:
Meng die droe bestanddele bymekaar en voeg die res (buiten die broodkrummels) by en kook stadig op 'n lae hitte.
Gooi die sous oor die tong skywe in die bak, strooi vars broodkrummels oor en bak vir ongeveer 25 - 30 minute op 160C.
Die Beestong en mostert sous kan ook koud bedien word en maklik gevries word.