Tuesday, 1 October 2013

Brownies met karamel en amandels





 

Brownies met karamel en amandels

170 g donkersjokolade van goeie gehalte, gekap
60 g melksjokolade, gekap
6 e botter (geen plaasvervangers)
½ t sout
1½ koppies suiker
1 t vanielje-ekstrak
2 groot eiers
3 e mielieblom
1 e kakaopoeier
1½ koppies geroosterde, gesoute amandels, gekap
½ koppie water
1 e ligte gouestroop
⅓ koppie room, warm gemaak

 

 Voorverhit die oond tot 175°C. Smeer ’n bakpan van 20 cm x 20 cm. Bedek dit met foelie wat ook met botter gesmeer is.

 Meng die sjokolade, 4 eetlepels botter en ¼ t sout in ’n 2,8 liter-pot. Smelt dit vir 4 minute op medium-laag of tot glad, roer. Verwyder van hitte; roer ¾ koppie suiker en vanielje by. Klop ook die eiers, een op ’n slag, by tot goed gemeng.

 Sif mielieblom en kakao in die pot, vou in om deur te meng. Roer die beslag vining vir minstens 1 minuut of to dit effens verdik en van die kante van die pot wegtrek. Voeg 1 koppie gekapte neute by. Smeer egalig oor die voorbereide bakpan. Bak vir 25 tot 27 minute of tot ’n peuselstokkie wat 5 cm van die kante ingedruk word, omtrent skoon uitkom. Laat dit in die pan op ’n draadrak afkoel.

 Roer die oorblywende suiker, water, gouestroop en sout saam in ’n 2,8 liter-pot. Kook vir 9 tot 12 minute op medium-hoog of tot suiker oplos en die mengsel amberkleurig is, roer af en toe vir ’n eweredige kleur. Werk vinnig, verwyder van die hitte en voeg room by. Wanneer mengsel ophou borrel, roer die oorblywende botter by tot goed gemeng. Roer ½ koppie gekapte neute by.

 Giet die karamel oor die afgekoelde brownie, kantel die pan dat dit eweredig versprei. Laat staan vir minstens 2 ure of tot karamel geset is. Sny in vierkante van 2,5 cm. Bêre vir tot 2 dae teen kamertemperatuur in ’n lugdigte houer wat met waspapier uitgevoer is.