Friday 27 September 2013

Wilma se "Ghemorssies"




Wilma se "Ghemorssies"
2 Blikkies TUNA in water
1groot ui opgekap
1 pakkie sampioene opgekap
'n halwe rooi, groen en geel soetrissie, opgekap...
3 eiers geklits met 'n bietjie melk
Gerasperde Cheddarkaas
Sout, varsgemaalde swartpeper, pietersiele en braaispeserye
Stel die oond op 180gr C
Smeer twee kolwyntjiepanne met 12 bakkies elk en bespuit met Spray & Cook
Braai die ui uit in klein bietjie kookolie, geur met die speserye...voeg al die ander groente by en roerbraai tot amper gaar...
Voeg die eiers by en 'n bietjie kaas (ek doen dit sommer in die pan waarin ek als gebraai het...)
Skep in die kolwyntjiepanne en bak tot gaar (30-35min) en goudbruin bo-op
Bedien met 'n slaai....
(My man noem dit Ghemorssies want ons het nie 'n naam daarvoor nie)