Tuesday 17 September 2013

Soetsuur varkvleis




Soetsuur varkvleis

(30 minute - 4 porsies)
  • 450 g varkfilet, in skywe gesny
  • 20 ml mielieblom
  • 30 ml sonneblomolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 3 sprietuie, in 4 cm-skywe gesny
  • 125 ml witwynasyn
  • 50 g suiker
  • 30 ml tamatiesous
  • 15 ml sojasous
  • 250 ml geblikte pynappelstukke, gedreineer
Bedek die varkvleis met die mielieblom en skud die oortollige mielieblom af. Verhit die sonneblomolie in ’n pan tot baie warm. Braai die vleis (nie alles gelyk nie) tot bruin en bros. Haal die vleis uit die pan. Braai die knoffel, soetrissie en sprietuie vir ’n paar minute in dieselfde pan. Voeg die asyn, suiker, tamatiesous en sojasous by. Laat kook tot dik en taaierig. Voeg die pynappel en gebraaide varkvleis by. Meng deur tot alles goed warm is. Sit voor saam met noedels of rys.