Friday 6 September 2013

Rooi fluweel koek vir diabete

Rooi fluweel koek vir diabete
Voedings inligting per porsie: Kal 202, totale vet 1.3g, cholesterol 4mg.
270g volkoringmeel,
6g sout,
120ml onversoete appelsous, ,
155g kunsmatige versoeter,
2 eiers,
15g onversoete kakaopoeier,
30ml rooi voedselkleursel,
235ml laevet karringmelk,
5ml vanilla,
15ml wit asyn,
5g koeksoda.
Versiersel:
185g vetvrye vanilla joghurt,
170g vetvrye maaskaas,
448g vetvrye roomkaas,
125g versoeter,
5ml vanilla,
5ml afgeroomde melk of soos nodig.
Metode:
Oond 350° C. Spuit 2 koekpanne met spray and cook. Klits volkoringmeel en sout saam. Klits die appelsous, versoeter en eiers saam. In klein bakkie meng kakaopoeier en rooi voedselkleursel. Meng in die nat bestandele. Klits om die beurt en geleidelik die volkoringmeel mengsel en die karringmelk in. Voeg vanilla by. Meng die wit asyn en koesoda in 'n klein bakkie. Meng in die deeg. Gooi deeg in 2 koekpanne en tik liggies om lugborrels te verwyder. Bak 20-25 min totdat 'n tandestokkie skoon uitkom. Laat heeltemal afkoel voor versier.
:Vir die versiersel:
Plaas joghurt en maaskaas in bak van voedselverwerker, klits tot glad. Voeg roomkaas by en klits weer. Voeg versoeter en vanilla by en klits tot glad. Skraap kante van bak. As versiersel te styf is voeg klein bietjie melk by tot smeerbaar. Verkoel vir 1 uur voor versiering gebruik word. Na koek versier is verkoel in yskas om makliker te sny.