Thursday 12 September 2013

Roer-eier




Roer-eier

Roer-eier kan enige tyd van die dag geëet word, moet dit net nooit te droog gaarmaak nie.

•4 eiers
•15 ml melk
•sout en varsgemaalde swartpeper
•15 g (15 ml) botter

1. Klits eiers en melk saam in ’n mengbak.  Geur met sout en peper.
2. Smelt botter in ’n pan en gooi geklitste eiermengsel in. Die stoofplaat moet op matige hitte gestel wees.
3. Moenie dadelik begin roer nie. Wag tot die eier aan rand van die pan begin stol. Gebruik ’n houtlepel en begin roer van die buitekant af na die middel van die pan. 4.Die eier moet nog effe klam wees wanneer jy dit uitskep. Sit dadelik voor.