Thursday 12 September 2013

MINI-OUVROU-ONDER DIE KOMBERS




MINI-OUVROU-ONDER DIE KOMBERS

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute

125 g meel
 1 eier
 250 ml (1 k) melk
 sout en peper
 300 g boerewors

1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 4 ramekins en sit dit in die oond om warm te word.
 2 Sif die meel in ’n bak. Klits die eier, melk, sout en peper saam en roer dit by die meel in tot glad.
 3 Verhit ’n pan oor hoë hitte, voeg die boerewors by en braai tot egalig bruin. Sny in 8 stukke.
 4 Haal die ramekins uit die oond en sit twee stukke boerewors in elkeen. Verdeel die beslag eweredig tussen die ramekins en sit nog 20 minute in die oond.
 5 Sit voor met gemengde groente.