Friday, 27 September 2013

Pampoen pastei

Pampoen pastei
Bereiding: 1 uur
Baktyd: 1 uur
Lewer 12 skywe

 Deeg...
625 ml (2½ k) meel
’n knippie sout
250 ml (1 k)  botter
80 ml (⅓ k) yskoue water
Vulsel
500 g pampoen, gekook en tot  puree verwerk
6 eiers
15 ml (1 e) room
375 ml (1½ k) bruinsuiker
15 ml (1 e) mielieblom
sout na smaak
5 ml (1 t) kaneel
5 ml (1 t) fyn wonderpeper
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
410 g (1 blik) ingedampte melk

 Deeg
Blits die meel en sout in ’n  voedselverwerker.
Voeg die botter by terwyl jy blits  om  krummels te vorm.
Terwyl die masjien loop, gooi  die water  stadig in tot die deeg  bymekaarbly sonder  om klewerig te wees.
Laat koel af vir 1 uur.
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C.
Rol die die deeg uit op ’n  oppervlak wat  met meel bestrooi is.
Pas die deeg in ’n ronde  pasteibak en  kartel die rande.
Vries sowat 15 minute tot ferm.

 Bak die  pasteidop blind vir 10 minute en  dan  sonder die gewig vir 5 minute.
Vulsel
Kook die pampoen tot sag en  laat afkoel.
Blits die pampoen tot sag.(maak  fyn)
Meng die pampoen met die  eiers, room,  suiker, mielieblom, sout, kaneel,  wonderpeper, vanielje en
ingedampte melk  en klits tot goed gemeng.
Giet die mengsel versigtig in die  dop.
Bak sowat 35 minute tot dit in  die middle  geset het .
Laat afkoel en sit voor.