Monday, 30 September 2013
Karamel- en- Peertert
Karamel- en- Peertert
Bestanddele Kors
1 pakkie (200g) karamelgeur Romany Creams
4 eetlepels (60ml) botter, gesmelt
Bestanddele Vulsel
2 blikkies (820g) pere, gedreineer
2 koppies (500ml) koffieverromer
½ koppie (125ml) water
1 koppie (250ml) room of jogurt
1 blikkie (397g) karamelkondensmelk
1 teelepel (5ml) vanielje
2 teelepels (10ml) gelatien
2 eetlepels (30ml) water
Metode Kors
Kap koekies in voedselverwerker tot fyn. Roer botter by en druk koekies in ‘n losboomkoekpan se bodem vas.
Metode Vulsel
Sny pere in skyfies en rangskik bo-op koekiekors. Klits koffieverromer en water met ‘n elektriese klitser tot romerig. Klits room styf saam met vanielje en roer room / jogurt en kondensmelk by verromermengsel. Spons gelatien oor water en smelt oor ‘n bakkie warm water tot glad en sonder klonte. Roer vinnig by romerige mengsel. Skep versigtig oor pere, maak gelyk en plaas in yskas. Sit saam met geklitste room voor, indien verkies.