Wednesday 18 September 2013

Mooi Flesse




Hier is ’n oulike idee om leë konfytbottels weer te gebruik.
Was die fles en vee die deksel met bensien skoon. Plak ’n plastiekdiertjie met ’n druppel of twee supergom op die deksel vas. Volg die vervaardiger se aanwysings en wend ’n egalige laag koperkleur spuitverf oor die deksel en diertjie aan. Laat dit droog word en spuit nog lae tot dit heeltemal bedek is. Sit los naaldwerkgoed of lekkergoed in die fles en sit dit op ’n plek waar almal dit kan sien.
Bladkoper, koper en goue spuitverf  van The Deckle Edge.

Idees