Wednesday 18 September 2013

Chilli Con Carne op soetpatat




Chilli Con Carne op soetpatat

Die brandsmaak van die maalvleis saam met die soet van die patat is ’n wenner!

(Genoeg vir 4)...

Gaarmaaktyd: 30 minute

4 middelslag-patats
60 ml heuning
30 ml komynsade
sout
30 ml olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
30 ml brandrissie-vlokkies
30 ml fyn komyn
30 ml fyn koljander
30 ml tamatiepasta
500 g beesmaalvleis
60 ml soetwyn
1 x 400 g-blik kersietamaties
1 x 400 g-blik rooibone, gedreineer en afgespoel
hand vol vars koljander, gekap
varsgemaalde swartpeper
250 ml suurroom

Verhit oond tot 200 °C.

Spoel patats af en druk met ’n skerp mes ’n paar gate in elk. Smeer met heuning en sit elke patat op foelie. Sprinkel met komynsade en sout. Draai patats toe in foelie en bak in oond vir sowat 30 minute tot sag, na gelang van hoe groot patats is. Verhit olyfolie in ’n pan. Braai ui, knoffel en rissievlokkies. Voeg komyn, koljander, tamatiepasta en maalvleis by. Braai tot bruin van kleur. Voeg soetwyn en tamaties by. Kook sowat 15 minute. Voeg bone en vars koljander by en roer deur. Geur goed met sout en peper na smaak. Sny patats oop en vul met maalvleismengsel. Sit voor met suurroom en vars koljander.