Monday, 30 September 2013

Maalvleis-en-spek-filorolletjies




Maalvleis-en-spek-filorolletjies

ongeveer 24 rolletjies

* bietjie olie
* 1 ui, fyn gekap
* 2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
* 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
* 250 g (1 pakkie) spek, gekap
* 800 g maer beesmaalvleis
* 2,5 ml (½ t) Mexican-geurmiddel
* 410 g (1 blik) tamatie-en-uie-smoor
* 15 ml (1 e) tamatiepasta
* 30 ml (2 e) blatjang
* sout en peper na smaak
* 4 songedroogde tamaties, fyngesnipper
* 250 ml (1 k) gaar witrys
* 2 fetaskywe, in klein blokkies gesny
* 250 ml (1 k) cheddar, in klein blokkies gesny

 FILODEEG
* 24 filodeegvelle
* 125 ml (½ k) botter, gesmelt

Stel oond op 200 °C.
1 Verhit olie en soteer ui, knoffel en kruie.
2 Voeg spek by en soteer bietjie. Voeg maalvleis by en soteer tot gaar.
3 Voeg oorblywende bestanddele behalwe rys en kase by.
4 Laat kook tot gaar en sous dik is. Verwyder van hitte en laat bietjie afkoel.
5 Roer rys en kase by.
6 Filodeeg Plaas filovel horisontaal voor jou. Smeer met gesmelte botter en vou in breedte in helfte.
7 Skep ongeveer twee eetlepels maalvleismengsel op een lang kant van filovel.
8 Vou kort kante van filovel na binne en rol op.
9 Verf weer gesmelte botter bo-oor en plaas op bakplaat. Doen dieselfde met oorblywende maalvleis en filodeeg.
10 Bak filorolletjies vir 15 tot 20 min. of tot ligbruin bo-op.