Thursday 26 September 2013

HANNO SE YSTEE




HANNO SE YSTEE :
‘n Baie lekker en gesonde alternatief vir koeldrank. En dit pas die sak ook goed.
1 liter kookwater
8 rooibosteesakkies
1-2 koppies suiker...
2-3 liter koue water en ysblokkies
1 liter Liquifruit
Suurlemoensap
MAAK DAN SO :
Gooi 1 liter kookwater in ‘n pot saam met die teesakkies.
Laat dit vir 10min kook tot dit baie sterk getrek is.
Haal die sakkies uit en gooi die suiker by (1 tot 2 koppies afhangend van hoe soet jy daarvan hou).
Roer tot die suiker opgelos is.
Gooi ysblokkies by om die temperatuur af te bring en vul op met koue water tot op ‘n totaal van 4 liter altesaam.
Gooi dan die Liquifruit van jou keuse (ek verkies Appel) by, en dan suurlemoensap na smaak.
Lewer altesaam 5 liter ystee.
As jy van ‘n sterker en soeter ystee hou, verminder die water met 1 liter, sodat daar altesaam 4 liter ystee is.