Tuesday 24 September 2013

Dadelblokkies




Dadelblokkies
Hierdie dadelblokkies is ’n ou resep wat aangepas is.

Jy het nodig vir sowat 20 blokkies:

• 250g botter
• 250ml suiker
• 500g dadels, fyngekap
• 1 eier, goed geklits
• 100g (125 ml) glanskersies
• 100g (125 ml) bosbessies (cranberries)
• 100g (125 ml) pekan- of amandelneute, fyngekap
• 1½ x 200g-pakkie Marie- of Eet-sum-Mor-beskuitjies
• klapper, om oor te strooi

Suikersoet. Smeer ’n pan van ± 32cm x 22cm met botter of gebruik kossproei. Verhit die botter en suiker oor matige hitte en roer tot die suiker gesmelt is. Verlaag die hitte, voeg die dadels en eier by en meng baie vinnig en deeglik.

Fyn en amper flenters. Sit die koekies in ’n skoon plastieksak en rol dit met ’n koekroller. Dit moenie heeltemal fyn wees nie en daar moet steeds heel stukkies van die koekies bly.

Vir die lekkerbekke. Voeg die kersies, bosbessies, neute en koekiestukkies by die dadelmengsel en haal van die stoof af. Giet die mengsel in die pan en druk dit stewig vas.

Met ’n ligte hand. Strooi ’n klein bietjie klapper oor en laat heeltemal afkoel. Moenie te veel klapper strooi nie anders is dit te moeilik om te eet, veral as jy ’n happie in die kar wil steel. Sny in vierkantige blokkies.