Wednesday, 25 September 2013
BOURBON KOEK
BOURBON KOEK
JY BENODIG
1 koppie botter
2 koppies suiker
1 teelepel vanielje-ekstrak
3 ¾ koppies koekmeel, gesif
3 ½ teelepels bakpoeier
1 koppie melk
8 eierwitte
½ koppie bourbon
METODE
Smeer 4 medium koekpanne en sprinkel met meel. Verroom botter, suiker en vanielje-ekstrak. Sif droë bestanddele saam. Meng om die beurt met die melk by die bottermengsel. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Vou versigtig in deeg. Verdeel tussen 4 panne en bak in oond teen 180˚c vir 15 minute. Verwyder uit oond, laat afkoel en sprinkel met bourbon.
VIR DIE VERSIERING
JY BENODIG
300g donkersjokolade
100g melksjokolade
500ml vars room
1 eetlepel bourbon
75g haselneute, gekap
2 eetlepels ingelegde lemoen, in stukkies gesny
sjokolade-balletjies of klein truffels
vars of ingelegde lemoenskyfies
METODE
Breek sjokolade en plaas in mengbak. Verhit room tot net begin kook. Gooi warm room oor sjokolade en roer totdat sjokolade gesmelt is. Roer bourbon by. Bedek met plastiek en plaas in yskas tot nodig (gebruik teen kamertemperatuur)
Smeer 2 lae koek met sjokolade (nie heeltemal tot teen die rand nie). Sprinkel 2 lae met neute en strooi lemoen oor 1 laag. Plaas laag met lemoen op een met neute, plaas ander een met neute heel bo. Smeer laaste koek tot teen die rand en plaas bo-op. Bedek met balletjies en versier met skyfies vars of ingelegde lemoen.