Tuesday 13 August 2013

WARE LIEFDE INPAK-BROODJIE



WARE LIEFDE INPAK-BROODJIE

Per Persoon:
JY BENODIG
2 eiers
seesout
¼ teelepel papawersaad
2 snye brood
½ rooi soetrissie, saadjies verwyder
2 repies pastrami
‘N paar vars cos slaaiblare
1 eetlepel mayonnaise
1 teelepel mosterd met saadjies
¼ teelepel grofgemaalde swartpeper

Brand die rooi soetrissie tot swart oor 'n gasvlam of in die oond.  Verwyder die swartskil en pitte.

Klits die eier, gooi 'n skuutjie melk by, sout en papawersaad.

Smelt 'n klontjie botter in 'n pan.  Doop die brood vining in die eiermengsel en sit in die warm pan.  Bak tot goue kleur.

meng die Mayonnaise en Mosterd n swartpeper saam.

Haal die broodjie uit en sit op handdoek papier.  Smeer altwee snytjies met die mayonnaise mengsel.  Sit skywe rissie op.  Vou die pastrami in die helfte en sit op die brood.  Nou volg die slaaiblare.

En siedaar die broodjie is klaar.  Sny die broodjie, dit kan met 'n grasuie was gebind word en wou dit broodjie toe in waspapier.