Friday 16 August 2013

tjoklitpoeding met 'n selfsorgsousie




tjoklitpoeding met 'n selfsorgsousie
Bestanddele
1 koppie (150g) bruismeel
½ teelepel koeksoda
½ koppie (50g) kakaopoeier
1¼ koppie (275g) bruinsuiker
80g botter, gesmelt
½ koppie (120g) suurroom
1 eier, liggies geklits
2 koppies (500ml) kookwater (nie net warm nie)

Metode
Verhit oond tot matige hitte.
Smeer 'n oondvaste bak wat 1½ liter beslag kan neem.
Sif die meel, helfte van die kakao en ½ koppie van die suiker in 'n mediumgrootte bak.
Meng die botter, room en eier in 'n ander bak en roer by die droë bestanddele
Voeg die beslag in die gesmeerde bak en sif die res van die bruinsuiker en kakao bo-oor.
Gooi die 2 koppies kookwater versigtig bo-oor.
Bak onbedek vir 40 minute.
Laat dit afkoel vir 5 minute voor opdiening. (Die poeding kan weer opgewarm word en sal nie uitdroog nie weens die selfsorgsousie)
Sit voor met vanieljeroomys en gerasperde lemoenskil.

(RSG)