Friday, 16 August 2013
Broodjie in Broodmasjien
Jana Herman De Wet
Ek bak my brood in broodmasjien en dit kom altyd lekker uit. Die geheim is sodra hy begin knie moet jy hom dop hou, en net kyk na die deeg of dit te pap of te styf is. Maar as jy jou hoeveelhede regkry sal jou broodjie mooi uit kom. Maak jou melk bietjie warm voor jy als meng. ek meng 300 ml melk, met 3 eetlepel olie, 5 eetlepel suiker, 2 t sout, 1 eier. klits dit saam en gooi in pan. dan 4 k witbroodmeel, met jou 2t gis. stel oond op 6, met 900g gewig. en medium bruin. Ek wil net se die eetlepels en teelepels is die plastiek lepel wat jy by jou oond kry as jy hom koop. en vir n bruinbrood vervang 1 k meel met nutty wheat. En nog iets wat ek doen as my masjien kla geknie het haal ek my mengers uit dan is daar nie sulke gate in brood.
Ek wil net se as die deeg meng en dit klou aan die mengers vas is jou deeg te pap en dan val jou brood plat. dan sprinkle ek net bietjie meel oor mengers. terwyl hy meng tot dit nie meer vasklou nie. maar baie versigtig want jy wil nie jou brood te styf het nie.
As jou deeg in begin te styf lyk gooi melk by, dit hang maar als af van hoe jy jou meel en vloeistof afmeet. ek het ook in begin gesukkel en gedink ek het my geld gemors. maar as jy jou droog en nat reg kry sal dit werk. selfs n 20ml maak n groot verskil