Tuesday 20 August 2013

Suurloemoen Idees




•Een medium tot groot suurlemoen bevat ongeveer 15 ml afgerasperde skil en 45-60 ml sap. Plaas die suurlemoen ‘n paar sekondes in die mikrogolf - dit druk makliker uit.
•Rooster skywe of wiggies saam met vis of hoender
•Maak suurlemoensap ysblokkies en gebruik in ‘n glas water of sodawater (of in geregte)
•Vervang die asyn in slaaisous met suurlemoensap.
•Vir Crème fraîche meng 5 ml suurlemoensap by 250 ml room en laat staan oornag.
•Gooi suurlemoensap oor gesnyde appels, pere en avokado (selfs patats) om verbruining te voorkom.
•Suurlemoensap bring die natuurlike geur van die kos na vore. Sprinkel oor lamsvleis, hoender, vis en sampioene terwyl dit gebraai word.
•Aangepakte koper: Sny ‘n suurlemoen middeldeur en druk dit in sout. Skuur die aanpaksel weg en was die koper in lou water voordat dit gewoonweg opgevryf word.
•Suurlemoenskil (zest) is ‘n vreugde op sy eie. Voeg by vleisgeregte, hoender of vis, koekbeslag, versiersuiker, gestoofde vrugte en nageregte. Garneer bredies soos Osso Bucco met ‘gremolata’ (‘n mengsel van fyn suurlemoenskil, knoffel en pietersielie).
•Gebruik gedroogde suurlemoenskyfies vir versiering van koeke of geskenke