Tuesday 20 August 2013

Suurlemoenstroop




Suurlemoenstroop
10 – 12 groot suurlemoene (ek gebruik ongeveer 800 ml suurlemoensap)
2,5 kg suiker
15 ml sitroensuur of wynsteensuur
15 ml Engelse sout
2 liter kookwater


Was die suurlemoene en rasper die skil af van 6 suurlemoene af. Druk die sap uit al die suurlemoene en verwyder die pitte. Gebruik ‘n groot glas of sterk plastiekhouer om die stroop in te meng. Plaas die suiker en die kookwater in die houer en roer tot die suiker gesmelt is. Voeg die res van die bestanddele by en roer goed. Laat oornag staan. Syg deur ‘n doek en gooi in bottels. Bewaar in die yskas. Gebruik as koeldrankstroop met yswater of sodawater. (1 deel stroop met 3-4 dele water) en garneer met suurlemoenskyfies. Nou het jy lemonade soos Ouma dit gemaak het.