Thursday, 22 August 2013

SOET RIBBETJIE



SOET RIBBETJIE:
1kg lamsribbetjie, in porsies gesny
45ml heuning
30ml bruinsuiker
100ml sojasous...
200ml tamatiesous
1 ui, gerasper
50ml asyn
30ml mosterd

MAAK DAN SO:
Voorverhit die oond tot 180C.
Plaas al die bestanddele buiten die ribbetjie in 'n kastrol.
Verhit totdat die suiker oplos, haal van die plaat af en laat afkoel.
Marineer die ribbetjie vir minstens 20 minute in die sous.
Rooster die ribbetjie tot deurgaar en bruin.
Draai die vleis af en toe om en bedruip dit gereeld met die sous terwyl dit rooster.