Thursday 22 August 2013

Soet Doppies x2 en 2 x Vulsel




Soet Doppies.

2 ½ k meel
1 t bakpoeier
2 eiers

125g botter.
Sout
½ k suiker.


So maak mens

Meng meel, bakpoeier en sout.
Vryf botter in.
Klits eiers en suiker.
Maak aan.
Rol uit jou deeg druk uit en gebruik jou drukkertjie om dit in die kolwyntjie pannetjie mooi teen die kante te druk. Druk met ‘n vurk gaatjies in die deeg.
Bak teen 175 grade C vir 10 minute

Tip

Rol die deeg tussen plastiek uit. Dan krimp die deeg nie so baie nie.



SOET DOPPIES
250 botter
125 ml witsuiker
2 eiers
750 ml koekmeel...
5 ml bakpoeier
2 ml sout
Metode:
Verroom botter en suiker saam.
Voeg eiers by en meng.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng dit met eiermengsel om deeg te vorm.
Bedek die deeg en laat dit rukkie in die koelkas rus.
Rol deeg 3 mm dik uit op meelbestrooide plank.
Druk sirkels van 6 cm in deursnee uit met drukker, lig sirkels met slaplemmes op en plaas dit in tertdoppiepannetjies wat gespuit is met kleefwerende kossproei.
Bak die doppies 10 min. in voor verhitte oond by 200 *C.
Haal die doppies versigtig uit die panne en laat hulle op ‘n draadrak afkoel.
Bewaar hulle in ‘n digte houer tot nodig.
Lewer ongeveer 90 tertdoppies.

DROEVRUGTEVULSEL
1 blik(440g) pynappelstukke
500 ml gemengde droevrugte
250 ml suiker
250 ml water
25 ml vlapoeier
15 ml brandewyn
Styfgekliste room (opsioneel)
Metode:
Dreineer en sny die pynappelstukke kleiner.
Voeg die droevrugte, suiker en water by en verhit dit oor matige hitte tot kookpunt.
Kook dit sowat 15 min. totdat die mengsel deurskynend is.
Maak vlapoeier met bietjie water aan en roer dit by die vrugtemengsel.
Laat afkoel.
Roer die brandewyn by net voordat die vulsel in gaar tertdoppies geskep word. Skep ‘n teelepelvol vulsel in elke doppie en versier met room, indien verkies.


DADELVULSEL
500 g dadels
250 ml lemoensap
60 ml suiker
2 ml sout
1 eier
15 ml suurlemoensap(as lemoene baie soet is)
Styfgeklpote room
Metode:
Sny dadels fyn.
Voeg die lemoensap, suiker en sout by en kook totdat alles gesmelt het.
Klits eier en roer by die warm dadelmengsel.
Kook verder 5 min. lank.
Roer die suurlemoensap by.
Laat die mengsel afkoel.
Vul gaar doppies met vulsel en versier met room.