Thursday, 22 August 2013
Ria se Likeur
Ria Posthumus
Die likeur wat ek maak is maklik...
4 koppies suiker
2 koppies water
Kook baie stadig saam vir 15 minute en laat dit afkoel.
Wanneer koud voeg dan by
2 koppies brandewyn
en vir die wat nie van brandewyn hou nie
gebruik dan Vodka.
Voeg nou 1 teelepel ELEFEL lemoengeur olie by. Dis BAIE sterk en ongelooflik lekker as dit bygevoeg word..
Dan 'n paar blokkies geglanseerde lemoenskil en dis dit.
Plaas dit in die yskas en laat dit 'mature' vir so 'n week of 3. Gooi oor in jou bottels en seel.
Ek deel myne op omdat ek dit in klein botteltjies gooi en 'n paar verskillende geure maak en maak net gebruik van 'n geursel olie hiervoor.. nie gewone koekgeursel nie hoor...
So 'n paar druppels kleursel om dit 'n ander kleur te gee kn nie skade doen nie.
Ek het myne in 3 opgedeel en lemoen, piesang en granadella likeur gemaak....