Thursday 8 August 2013

Só maak jy ‘n roti




Só maak jy ‘n roti

500 ml (2 k) koekmeel
knippie sout
knippie suiker
yswater
olie
Stork-bakmargarien

Meng die meel, sout en suiker.

Maak ’n holte en giet net genoeg water by om ’n stywerige, uitrolbare deeg te maak.

Haal uit die bak en plaas op ’n graniet- of vlekvryestaal-oppervlak.

Giet 30 ml (2 e) olie in die palm van jou hand en knie deur die deeg.

Knie tot dit glad en elasties is en nie meer vassit aan jou hande nie.

Laat rus dit 10 minute.

STAP 1:
Rol die bol in ’n lang slang en sny in skyfies, sowat 2,5 cm dik.

Rol uit met ’n koekroller tot die grootte van ’n kleinbordjie.

Sit ’n goeie klont botter op en smeer oor.

STAP 2:
Rol op in ’n rolletjie.

Vat die rolletjie tussen jou vingers vas en ‘‘rol en slaan’’ (soos wanneer jy sal touspring) tot die rolletjie lank en dun is.

STAP 3:
Rol van die punte af op na binne. Vou om sodat een slang bo-op ’n ander pas. Druk vas. Laat rus in die yskas (oornag)

Rol uit op ’n oppervlak wat jy met kossproei gespuit het.

Maak ’n kleefwerende pan goed warm.

Plaas die roti daarin.

Braai tot bruin van onder, draai om en braai tot bruin.

Frommel die roti effe.

Herhaal met die ander deeg.

Sit voor saam met enige lekker kerrie of tamatiebredie.