Thursday 29 August 2013

Penne met kortpad-bolognese-sous




Penne met kortpad-bolognese-sous

Genoeg vir 6 mense

30ml olie
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 selderystingels, fyn gekap
250g spekvleis, in klein stukkies gesny
1kg maer maalvleis
sout en vars gemaalde swartpeper
100ml rooiwyn
2 blikke (400g elk) tamaties
1 blik (65g) tamatiepasta
30ml bruinsuiker
60ml gemengde vars kruie, fyn gekap
250g penne-pasta, gaar
125ml cheddarkaas, gerasper
vars origanumblare vir garnering

Verhit die olie en roerbraai die ui, knoffel, seldery en spekvleis 'n paar minute tot die spek gaar is.

Roer die maalvleis by en roerbraai 'n paar minute tot gaar, maar nie bruin nie. Geur met sout en peper. Voeg die rooiwyn, tamaties, tamatiepasta, bruinsuiker en kruie by. verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute.

Deel die pasta tussen 6 bakkies, skep groot lepels maalvleis oor die pasta en sprinkle laastens 'n bietjie kaas bo-oor.

Rooster onder die roosterelement en garner met vars origanum. Sit voor met 'n groenslaai.