Tuesday 20 August 2013

Oliebol (donut) resep

Marilet van Niekerk
Oliebol (donut) resep:
Bestandele:
500g Koekmeel
knippie sout
300ml melk...
60gm botter
15ml gis
90gm strooisuiker
4 eiergele
Metode:
Sif sout, meel en gis saam, voeg suiker by.
Verhit melk en botter tot die botter gesmelt is (ek druk dit sommer in mikrogolf)
Klits eiergele in en meng met meelmengsel.
Knie goed, bedek en laat rys tot dubbel in volume.
Druk plat en laat weer rys.
Druk plat, vorm ringe met drukkers en bak in diep olie tot gaar.
( ek het gevind dat ek ekstra meel moet bysit anders is die deeg baie taai- sit maar bietjies bietjies by totdat dit die regte tekstuur het en nie aan jou hande vasklou as jy knie nie)
Nou kan 'n n glansversiersuiker oorgooi of as hulle nog warm is in kaneelsuiker druk!
Lekker eet!