Tuesday 20 August 2013

MAKAROONS

Carin Scheepers

MAKAROONS (24 enkel-makaroons )
310ml (1 1/4 K) versiersuiker
1 pakkie (100g) fyn amandels
3 ekstragroot eierwitte, by kamertemperatuur
30ml strooisuiker

knypie kremetart

VULSEL


80 ml sagte botter
375 ml (1 1/2K) versiersuiker
15 ml (1e) melk

Voorverhit oond tot 160°C

Meng versiersuiker en amandels
Klop eierwitte tot skuimerig en voeg kremetart by.
Klop tot sagte punte vorm en voeg suiker geleidelik by totdat stywe punte vorm.
Vou amandels in.
Voeg ‘n baie klein druppel voedselkleursel by en meng versigtig in.
Laat staan vir minstens 10 minute.
Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei.
Plaas ‘n teelepel vol makaroonmengsel in die vormpies en maak so die bakplaat vol.
Hou genoeg plek tussenin.

Bak 10 – 12 minute lank
Hou dop vir brand om die kante.
Dit moet bros om die kante wees en sag binne-in.
Laat afkoel en verwyder versigtig (dit kraak maklik)

Vulsel:
Klop die bestanddele saam
Plak 2 makaroons met vulsel aan mekaar vas
Die vulsel kan gesmeer of gespuit word.