Wednesday 14 August 2013

MELKKOS




MELKKOS

blik kondens melk
2 koppies water...
1 liter melk
1 koppie meel
125 ml botter
bietjie sout

Meng die kondensmelk, water en melk saam in 'n kastrol.
Jy kan suiker byvoeg as dit nie soet genoeg is nie.
Vryf die botter in die meel in, sodat dit soos krummels lyk.
Voeg die sout by.
Wanneer die melk mengsel warm is, word die meelmengsel bygevoeg, en geroer totdat alles saam kook, en dik geword het. Bedien warm met kaneelsuiker