Friday 30 August 2013

HOENDERMISKOEKIES




Ria Posthumus

dit maak jy sommer in 'n pot...

HOENDERMISKOEKIES ( so gedoop deur my twee seuns)

1 x 250 g margarien
1 koppie melk
4 koppies suiker
2 teelepels vanilla

kook hierdie alles saam in 'n pot vir 5 minute verwyder van stoof en voeg nou by

3 koppies klapper
4 koppies hawermout
1 koppie kakao en meng goed
Plaas voor die tyd (ai toggie... moes hiermee begin het eitnlik) 'n lang vel waspapier op jou werksoppervlak.. Skep nou teelepels vol van die mengsel op die wasvel en laat dit goed afkoel. Verpak in 'n houer met deksel eN MOENIE in jou slaap loop daarna toe nie.. dis vir die kinders se kosblikkies bedoel!!