Friday 30 August 2013

Dik beesstertsop




Dik beesstertsop

Bestandele:
• 60 ml sonneblomolie
• 800 g beesstert
• 300 g beesskenkel, in blokkies gesny
• 2 uie, gekap
• 45 ml koekmeel
• 2 liter beesvleisaftreksel
• 6 lourierblare
• 10 ml gedroogde tiemie
• 3 knoffelhuisies, fyngedruk
• 10 ml suiker
• 500 ml rooi wyn
• 50 ml tamatiepasta
• 4 groot wortels, geskil en in groterige stukke gesny
• 6 selderystokkies, gekap
• 16 baba-aartappels, geskil en middeldeur gesny
• 60 ml vars gekapte pietersielie
• 5 ml gerasperde suurlemoenskil
• melba-roosterbrood vir voorsit

1 Verhit ’n groot swaarboomkastrol. Wanneer dit baie warm is, moet jy ’n bietjie sonneblom-olie ingooi en die vleis bietjiesbietjies oor hoë hitte braai tot bruin. Gooi, indien nodig, nog ’n bietjie olie by om te keer dat die vleis brand en aan die kastrol vassit.

2 Verlaag die hitte en verhit dan die res van die sonneblomolie. Soteer die uie tot goudbruin. Gooi die koekmeel by en roer tot die mengsel begin bruin word.  Roer die beesvleisaftreksel by, gooi die vleis terug in die kastrol en voeg dan die lourierblare, tiemie, knoffel, suiker, rooi wyn, tamatiepasta en die helfte van die wortels en seldery by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit vir vier uur prut. Haal die kastrol van die plaat af en laat eenkant afkoel. Sit dit oornag in die
yskas.

3 Skep die volgende dag die gestolde vet van die sop af en gooi dit weg. Verhit die
sop en gooi die res van die wortels en seldery asook die aartappels by. Verhit die sop