Tuesday 20 August 2013

GRONDBROONTJIEBOTTER BROODJIE





GRONDBROONTJIEBOTTER BROODJIE

 2 k gesifte meel
 ¾ k grondboontjiebotter
 ½ k suiker
 1 eier, goed geklits
 2 t bakpoeier
 ¾ tot 1 k melk
 1 t sout

 MAAK DAN SO:

 1. Sif die droë bestanddele en die suiker saam.
 2. Werk die grondboontjiebotter met 'n vurk in.
 3. Voeg die eier by en meng dit verder met 'n vurk.
 4. Voeg die melk by, meng dit goed en gooi dit in 'n gesmeerde broodpannetjie.
 5. Bak dit 50 tot 60 minute lank in 'n matige oond by 180ºC.