Monday 12 August 2013

Gogga resep

Corrie Els
Ai mense die somer is op hande en dan is dit weer wurmpies, goggas en insekte wat die plante eet. Ek het n amper kostelose resep om dit te beheer.
Vat of knoffel huissies, kakiebos of uie lobbe en sny in stukke.
Kook in 3 liter water vir ongeveer 15 tot 20 minute.
Laat oornag afkoel en trek.
Gooi dan deur n sif en voeg een eetlepel vloeibare seep (Sunlight liquid) by.
Roer goed en gebruik dan spuitbottel om plante te spuit vernaam aan die onderkant van blare. Herhaal wanneer nodig afhangende van reen.
Hoop dit help julle. Geseende dag en lekker tuin, tuin speel.