Monday 5 August 2013

DUITSE LEMOENSOP





DUITSE LEMOENSOP

(Bedien 3)

6 lemoene
225 g suiker
suiker om lemoenwiggies in te rol
575 ml water
1 kaneelstokkie
275 ml lemoensap
witwyn na smaak

1. Verdeel die lemoen in segmente en verwyder al die pitte. Rol elke segment in suiker en plaas onder in 'n sop-opdienskottel.

2. Kook die stroop van 225 g suiker, die water en kaneelstokkie. Voeg lemoensap by. Voeg wyn na smaak by. Verkil en giet oor lemoenwiggies.

3. Bedien saam met kraakbeskuitjies wat in varkvleisekstrak gedoop is.