Thursday 1 August 2013

DADELBLATJANG




DADELBLATJANG  - Cass Abrahams

Heerlik saam met enige vleisgereg of saam met piekels en kaas.

500 g ontpitte dadels
10 knoffeltoontjies
125 g vars gemmer, geskil
125 g droë rooi rissies
Sout na smaak
500 ml bruinasyn

METODE:
Voeg al die bestanddele, behalwe die asyn, in die voedselverwerker en meng tot glad. Voeg nou die asyn by en meng goed. Gooi die mengsel in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is