Thursday 22 August 2013

Botterskorsie met maalvleisvulsel





Botterskorsie met maalvleisvulsel

 

2 klein botterskorsies, in die lengte deurgesny
30 ml olie
1 ui, gerasper
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
5 ml komyn
5 ml koljander

250 g beesmaalvleis
80 ml water
½blik (205 g) lensies, goed gedreineer
45 ml gekapte pietersielie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml gekrummelde fetakaas of gerasperde parmesaan


Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaatmetfoelie uit.Skepdie botterskorsies se pitte uit en verf met ’n lagie olie. Bak vir 30 minute tot half-gaar. Verhit intussen die res van die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel daarin tot sag.

Voeg die komyn en koljander by en braai tot geurig. Voeg die vleis by en braai tot bruin en gaar. Voeg die water en lensies by, verhit tot kookpunt en prut tot afgekook. Roer die pietersielie en geurmiddels by en verdeel die vulsel tussen die vier halwe botterskorsies.

Bak vir ’n verdere 25 minute, tot die botterskorsie heeltemal sag is. Sprinkel die kaas oor en sit terug in die oond vir nog vyf minute sodat die kaas kan smelt. Sit voor met ’n groen slaai.

Lewer vier porsies.