Friday 30 August 2013

Sout Tertjies




Ansie VanWyk
Het so bietjie 'brownie points' gekry gisteraand toe ek die souttertjies vir manlief gebak het!! Dit is sy gunsteling.... en dit is so maklik. Het die resep by 'n vriendin, Rina Pienaar, gekry. Dankie vriendin dit bly maar 'n wenner!

SOUT TERTJIES

Kors...

375ml Meel
3ml Sout
1 Eier
7ml BP
125ml Margarien
12,5ml Suurlemoensap
Water

1. Sif droë bestandele en vryf margarien in.
2. Klits eier. Voeg eier, sap en genoeg water(nie te veel gooi bietjie, bietjie by) om stywe deeg te maak. Moenie bekommer as daar bietjie oorbly nie gooi dit by die vulsel.
3. Rol deeg en sny in groot genoeg sirkels vir kolwyntjie pannetjie.

(Alternatief: Maak ‘n sagte deeg indien u ‘n kolwyntjie pannetjie drukkertjie het. Plaas ‘n klein bolletjie deeg en druk plat met drukkertjie. Ek neem sommer 'n stukkie deeg en druk dit dun met my vingers in die kolwyntjie pan.)

Vulsel
125ml Melk
500ml Kaas (Gerasper)
1 Eier
250gr Spek (stukkies gesny)
1ml Sout
Rooi peper na smaak

(Jy kan enigiets insit as vulsel - het sommer fyn biltong in plek van spek gesit)
1. Klits melk en eier.
2. Voeg res van bestandele by.
3. Bak in oond van 2000 C to ligbruin.(Dit bak baie gou - hou dop)

Dit maak 24 tertjies - maar ek maak dit altyd dubbel anders is dit te gou opgeëet:)