Friday 30 August 2013

3 x Lewer Resepte




ROMERIGE LEWER
30ml botter of margarien
1 middelslag ui, in skyfies gesny
±6 klein murgpampoentjies, in skyfies
450g lamslewer, in blokkies gesny
10ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
150ml hoenderaftreksel
15ml suurlemoensap

2ml gedroogde marjolein
150ml room
Verhit die helfte van die botter of margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die murgpampoentjies by en soteer dit ongeveer 5 minute lank. Bedek die lewer met die koekmeelblom en geur dit met sout en peper. Voeg die orige botter of margarien by die murgpampoentjies en braai die lewer alkante bruin. Voeg die aftreksel, suurlemoensap en marjolein by, asook nog sout en peper na smaak. Verhit dit tot kookpunt en laat dit 5 minute lank prut. Roer die room by en verhit dit tot deurwarm, maar nie tot kookpunt nie. Lewer 4 porsies.


LEWERGEREG
Lewer in repies gesny
1 Green Pepper
1 Geel Pepper
1 Rooi Pepper
1 pak Sampioene
2 groot Uie
1 houertjie Vars Room
Braai uie, sampioene en peppers saam en hou eenkant. Braai
lewer gaar. Meng alles saam in 'n pan, gooi room oor en prut
vir 5 - 10 minute. Bedien met rys.




Lewergereg
Maak éérs die sous en roerbraai dan die lewer.
Sous
1 groot ui, opgekap
kookolie om in te braai
30 ml blatjang
30 ml tamatiesous
10 ml worcestersous
5 ml suiker
2 ml knoffelsout
10 ml souspoeier
300 ml kookwater
pietersielie na smaak en ekstra om
bo-oor te strooi
Verhit olie en braai die ui daarin tot goudbruin. Meng res van die bestanddele saam, voeg by ui en prut vir sowat twee minute. Hou eenkant.
500 g lewer, skoongemaak en in repies gesny
30 ml koekmeel
30 ml mielieblom
10 ml bakpoeier
sout en swartpeper na smaak
olie vir roerbraai
Rol die repies in die meelmengsel. Laat staan sowat 2 uur. Verhit olie in 'n pan en roerbraai die lewer. Wees versigtig dat die lewer nie te gaar word nie. Giet dan die sous bo-oor en laat prut vir sowat 10-15 minute. Dien op met koes-koes, rys of pasta. Strooi pietersielie bo-oor.