Friday 26 July 2013

Vlakvark Oprolrib

Sharon Saunders Erasmus

Probeer gerus

Vlakvark Oprolrib

Sny die vleis los aan albei kante van die rib, slag dan die been los tot teen die borskas. Sodra al die bene los is sny die borsbeen af

Sout en peper ( verkieslik swart korrel peper) die ontbeende rib aan albei kante

Repies varkspek
Repies cheddar kaas
6 heel naeltjies
Knippie neutmuskaat
10 gedroogde appelkose in die helfte gesny


2 teelepel vars fyn knoffel
2 Eetlepels olyfolie

Spasieer die bestanddele aan die ontbeende kant van die rib en rol op
Bind vas met ʼn tou of plaas in ʼn vleis reknet
Vryf die olyfolie aan die buitekant
Plaas in ʼn oondpan bedek stewig toe met foelie
Bak in oond teen 130 °C vir 6 ure