Monday 29 July 2013

Spoorweg Koffie




Spoorweg Koffie - Wie kan dit nog onthou?
 Bestandele:
 3 Koppies witsuiker
 2 Koppies sterk moerkoffie (klaar getrek)
 3 Koppies Kookwater
 ½ Teelepel sout

 Metode:
 Roer suiker oor lae hitte in kastrol tot gekarmaliseerd
 Voeg moerkoffie by
 Roer oor lae hitte vir 10 tot 15 min (om koffiesterkte te verhoog)
 Gooi eerste 2 koppies kookwater by, bietjie vir bietjie (wees versigtig, kan vinnig oorkook) roer aan houdend vir 2 minute
 Voeg dan res van kookwater by, bietjies bietjies..1/4 koppie op 'n slag, roer aan houdend.
 Voeg sout by, roer goed deur
 Laat goed afkoel.
 Filter deur baie fyn siffie, of lappie om enige gemaalde koffie te af skei .
 Wanneer goed afgekoel, bottel dit en bere in yskas
 Gebruik een teelepel kofffiestroop per koppie, halwe koppie kookwater en halwe koppie kookmelk...
 Self beter met net gekookte melk....